Oor Ons Skool

Kinders moet geleer word HOE om te dink, nie WAT om te dink nie.
SPEEL-SPEEL SKOOL is ‘n unieke kleuterskool in Pretoria-Oos wat gebaseer is op Christelike waardes en met ‘n holistiese benadering tot ‘n kind se fisiese, emosionele en kognitiewe ontwikkeling en geestelike welstand kyk om elke kind tot sy/haar volle potensiaal te help ontwikkel. Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikhede wat ontgin word. Die fokus is nie op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek.
Uit die staanspoor het ons die standaarde buitengewoon hoog gestel; diep onder die indruk dat ons met Die Toekoms werk en die kosbare geleentheid het om ‘n verskil te maak.
Binne ons liefdevolle, rustige en veilige omgewing kan jou kosbare kind sy of haar volle potensiaal bereik. Kinders moet so lank as moontlik nét kind wees. Daar word geen druk op ons kinders geplaas om te presteer nie – Speel-Speel Skool se kurrikulum berei ons kleuters voor vir formele leer en maak hulle gereed vir die uitdagings van ‘n groter wêreld. Aangesien ons klasse klein is, word elke kind daagliks waargeneem en beplanning aangepas om vaardighede en konsepte vas te lê.
Wat Maak Ons Anders?
In beginsel glo ons dat kinders so lank as moontlik net kind moet wees, dat daar nie druk op hulle geplaas word om te presteer nie, dat almal gelyke onderwys ontvang en dat elke kind op eie meriete talentvol en begaafd is.
Kinders se natuurlike nuuskierigheid word omskep in ‘n liefde vir leer – nie net op akademiese vlak nie, maar ook om ‘n gesonde leefwyse en verantwoordelike interaksie met ‘n groter wêreld te hê.
Algemene Personeel:
- Hoof: Nicola Maree
Ons personeel is daagliks diep onder die indruk dat ons die fondasies lê vir gelukkige, gebalanseerde en suksesvolle volwassenes; terwyl ons hulle kindwees saam met hulle geniet. Ons personeel word fyn gekeur – nie net op grond van ‘n resumé nie, maar veral op hulle vermoë om SPEEL-SPEEL SKOOL se waardes en visie uit te leef.

Ons Visie en Missie:
- Die voertaal is Afrikaans en Christelike waardes word neergelê.
- Ons opvoedkundige program is gebaseer op die Handleiding vir onderrig aan die voorskoolse kleuter, (SAOU).
- Kinders word blootgestel aan die natuur en die bewaring van die omgewing.
- Ons bou kulturele brûe om respek vir die tradisies en gewoontes van ons Reënboognasie te kweek
- Dit is nodig dat kinders daagliks bewus is daarvan dat ons in ‘n wonderlike land bly – met unieke geleenthede en ‘n positiewe toekoms.


