Ons Klasse

Ons Klasse

Klasse per Ouderdom:

  • 2024/2025-gebore (4 maande – 1 jaar): Babaklas

  • 2023-gebore (1-2 jaar): Geelklas

  • 2022-gebore (2-3 jaar): Rooiklas

  • 2021-gebore (3-4 jaar): Blouklas

  • 2020-gebore (4-5 jaar): Groenklas

  • 2019-gebore (5-6 jaar): Graad R klas

Wat Bied Ons? 

Die dagprogram is ontwerp om aan die kognitiewe, geestelike, fisiese en emosionele behoeftes van die jong kind te voldoen.

Deur die interessante afwisseling van geleenthede by Speel-Speel Skool, leer die kleuter al meer deur speel. Die eindresultaat is ‘n liggaamlike en geestelike ontwikkelde kind wat toegerus is vir die eise van formele onderrig.

Die volgende is ‘n tipiese dag by SPEEL-SPEEL SKOOL en mag verskil na gelang vanouderdom: 

Elke dag bestaan uit ‘n kombinasie van die volgende aktiwiteite:

  • Ontbyt
  • Samesang
  • Vryspel buite
  • Vryspel binne
  • Bybel, Temabespreking, Rympie, Persepsie
  • Skeppende kuns, Bak en Brou, Wetenskap ens.
  • Peuselhappie
  • Grootmotories / Fynmotories / Musiek
  • Slaaptyd
  • Middagete
  • Storietyd

Instappies word vooraf beplan en die kostes vir meeste van hierdie instappies is ingesluit by die skoolfonds.