Jubel Babasentrum

Welkom by Jubel Babasentrum!

Jubel Babasentrum is ‘n eksklusiewe afdeling van Speel-Speel Skool. Die idee vir hierdie sentrum het ontstaan nadat ons ‘n derde Babaklas by Speel-Speel Skool oopgemaak het. Ons wil nou ook voorsiening maak vir die ouers wat ‘n behoefte het aan ‘n nog meer eksklusiewe omgewing waarin hulle babas optimaal kan ontwikkel en floreer.

Net soos Speel-Speel Skool, ervaar ons dat die babasentrum direk uit die Here se hand kom en daarom kom al die lof en eer aan Hom toe vir die voorreg om na u mees kosbare besitting(s) te mag omsien. By Jubel Babasentrum is dit vir ons belangrik om Hom in alle sake te ken. Dit is tog Sy Koningkryk waarmee ons daagliks werk en wat ons uitbrei!

Met bogenoemde in gedagte, kan u seker wees dat Jubel Babasentrum die ideale plek is om u babatjie met ‘n geruste hart af te laai; met die wete dat hy/sy net die beste, mees eksklusiewe sorg en liefde ontvang. Jubel word deur dieselfde span as Speel-Speel Skool bestuur en daarom verseker ons dieselfde topgehalte diens.

WAT MAAK ONS EKSKLUSIEF?

  • Elke baba het sy/haar eie persoonlike kot en doekruilstasie.
  • Elke baba het sy/haar eie persoonlike eetgerei (borslap, lepel, bakkie, bordjie en bekertjie).
  • Elke baba het sy/haar eie persoonlike paslaken, kombers, kussing ens.
  • Ratio 1:3
  • Kinderkinetika sessies.
  • ‘n Eksklusiewe ouderdomsgepaste binne- en buite-speelarea vir babas.
  • Die opsie om enige tyd van die dag in te teken op die “live” sekuriteitskamera in die klas om te sien wat jou baba doen.
  • Spesiale etes word vir elke baba voorberei (ouers kies, baba se etes vanaf ons Jubel Happies Spyskaart)
  • Program spesifiek uitgewerk vir elke baba se behoeftes en ouderdom.
  • Gekwalifiseerde personeel met baie ondervinding.

SO LYK ONS DAG...

Elke dag bestaan uit ‘n kombinasie van die volgende aktiwiteite:

  • Ontbyt
  • Bybel
  • Babamassering
  • Slaaptyd
  • Sensoriese aktiwiteit
  • Peuselhappie (indien van toepassing)
  • Kinderkinetika sessie OF
  • Grootmotories/Fynmotories
  • Middagete
  • Storietyd
  • Slaaptyd
  • Peuselhappie
  • Musiek/Kuns/Sensories

Instappies word vooraf beplan en die kostes vir hierdie instappies is ingesluit by die maandelikse fooi.

557A1710

Om jou baba by iemand te los is seker een van die mees angswekkende dinge waardeur ‘n ouer kan gaan. Daarom is Jubel Babasentrum die perfekte omgewing vir jou mees kosbare besitting. By Jubel Babasentrum word elke kind gekoester, is geliefd; en word verseker van baie liefde, aandag en kwaliteit onderrig.

Teen twee jaar oud is ‘n kind se brein reeds 80% van sy volwasse gewig. Alle funksies, insluitend visie en gehoor, die visuele- en gehoorkortekse in die brein, reseptiewe taal en taalproduksie, asook die breingedeeltes wat dit ondersteun, is reeds teen die tweede jaar feitlik volledig ontwikkel. Na twee jaar is dit net die hoër kognitiewe funksies wat verder ontwikkel. Met bogenoemde in gedagte kan u verstaan waarom die keuse van wie na jou baba omsien, so belangrik is.

Ons hoop om u baba binnekort te verwelkom!